Terugvoer sessie – Mwani en Ibo eiland – Theo Schumann

Terugvoer1Ons nooi u uit om meer te kom hoor van Theo en Mignonne Schumann wat  sedert 2009  op Ibo eiland in Noord Mosambiek woon. Hulle werk onder die Mwani volk wat sowat 110,000 tel. Die volk is geheel ‘Onbereik’.  Hoewel hulle in vrede tussen die  moslems mag woon is dit duidelik dat hul werk ook ‘n  langsame proses is. Vriendskap Evangelisasie neem  tyd, toewyding en volharding. Hulle beleef dat  daar vordering is, maar dan ervaar hulle ook die teenkanting van die Moslem Leierskap van die Eiland. Die erfenis van die Eiland is gegrond in die slawehandel wat oor honderdejare gestrek het. Armoede op die Eiland is  baie ernstig en daar is min of geen werksgeleenthede vir  die plaaslike mense nie.

Kom hoor hoe hulle ‘n groot invloed in die gemeenskap het.  Hulle gebruik ook die MegaVoice Envoy  in hulle bedienning.

Kom drink ‘n koppie koffie of tee saam na die aanbieding.

PLEK:  Constantia Park Baptist Church, 645 Rudolf street, Constantia Park, Pretoria
GPS  -25.813511,   28.278075

Datum en Tyd:  Dinsdag 10 Junie 2014, 19h00 – 20h45

RSVP:  Johan Grobler,  082 653 4783,   Stuur epos  Plek is beperk.  Daar is nog plek. Laat weet asseblief sodat ons genoeg koffie en tee kan reg sit!    Laat weet asseblief voor Maandag 9 June 15h00

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *