Radio Program – “So Stuur Ek Julle” – Radio Kansel – Murray Louw

Die weeklikse radio program “So Stuur Ek Julle” op Radiokansel gee terugvoer en inligting rondom sending en evangelisasie.   Die Here Jesus het vir sy dissipels die opdrag gegee om te gaan en dissipels te maak. Matt 28:19 – 20

19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” 

Murray Louw inspireer en lig die luisteraars weekliks in oor die uitbreiding van die Koningkryk wereldwyd.  Hy voer gereeld kort onderhoude met sendelinge.

MurrayLouw - SAAWE - Radiokansel
Murray Louw aanbieder van “So Stuur Ek Julle”

Dit was my voorreg om onlangs meer oor MegaVoice te vertel.  Hier is ‘n kort uittreksel van die program met ‘n getuienis van ‘n man wat tot bekeering gekom het en as leek begin het om te evangeliseer. ‘n MegaVoice Bybel het hom gehelp om dit op ‘n meer Bybelse manier  te kan doen.

Om na die boodskap te luister klik hier of klik regs en stoor om later te luister (1.7MB en so 6 minute)

luister-na-onderhoud

Die program skedule is tans (8 November 2015)  Sondag 12h30 en herhalings op  Dinsdae om 01h30 en Saterdae 16h00.  Die program duur ongeveer 30 minute.      Luister op die Internet of MW 657kHz.luisternou

–==–

2 thoughts on “Radio Program – “So Stuur Ek Julle” – Radio Kansel – Murray Louw”

  1. Hallo daar. Van my grootste begeertes is om die liefde tussen gelowiges in verdrukking te kan sien en dalk te kan beleef maar veral hulle liefde vir ons Here. Ek wil so graag iets doen behalwe on net geld te gee. Ek weet dis nodig. Ek is nou 57 en ek onderdruk my begeerte nou al vir jare. Wat kan ek doen om dit stil te maak?

    1. Hallo André, Ek sal vir jou ‘n epos stuur met opsies. Daar is verskeie opsies om korter en langertermyn betrokke te raak. Ek bid dat die Here duidelik sal lei. Seën, Johan

Leave a Reply to Johan Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *