MegaVoice onderhoud op Tygerberg 104FM – Ester Kruger gesels met Johan in die program “Goeie Nuus”

Bybel is ons padkaart na die Ewigheid.   Ps 119:9 moedig die jongeling aan om sy pad suiwer te hou deur die Word van God.  Soos ‘n GPS ons help om by ‘n bestemming te kom so help die Word van God ons.

Die weeklikse radio program “Goeie Nuus ” op Tygerberg FM gee terugvoer en inligting rondom sending en evangelisasie. Die Here Jesus het vir sy dissipels die opdrag gegee om te gaan en dissipels te maak. Matt 28:19 – 20

19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Ester Kruger aanbieder van die program Goeie Nuus op Tygerberg 104FM

Ester Kruger inspireer en lig die luisteraars weekliks in oor die uitbreiding van die Koningkryk wereldwyd. Sy voer gereeld kort onderhoude met sendelinge.

Dit was my voorreg om onlangs meer oor MegaVoice te vertel. Hier is ‘n kort uittreksel van die program met ‘n getuienis van ‘n man wat tot bekeering gekom het en as leek begin het om te evangeliseer. ‘n MegaVoice Bybel het hom gehelp om dit op ‘n meer Bybelse manier te kan doen.

Om na die boodskap te luister klik hier of klik regs en stoor om later te luister (3.8MB en ongeveer16 minute)

Luister na die onderhoud (2016-11-13 en herhaal op 2016-12-11)

klik en Luister na die onderhoud

Die program skedule is tans (13 November 2016) Sondag 12h00. Luister op die Internet of FM 104 MHZ in die Wes-Kaap.

Tygerberg 104FM

–==–

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *