Afrikaanse Bybels in klank van MegaVoice

                               Tel: 012 993 0614

(Afrikaans full Bible in audio)
Envoy S Dual - landscape 563x800 W
MegaVoice Envoy S Dual

Meer as 25 jaar gelede het die stigters van MegaVoice die pioniers in die ontwikkeling van die eerste sonkrag-aangedrewe, digitale klank Bybel geword.  Hulle visie was om die beraamde 4 biljoen  mense wat nie in staat is om God se lewegewende Woord vir hulself te lees nie, te bereik.

Na jare van gebed en volharding, het die MegaVoice klank Bybel ‘n werklikheid geword.  Die audio Bybels is ‘n seen vir baie! Nie-lesers op elke kontinent het nou toegang tot die Skrif in hulle eie taal, in ‘n vorm wat hulle kan geredelik verstaan.

In Afrikaans het ons tans die volledige Bybel in die 1933 / 1953 en ook die 1983 vertaling beskikbaar,  asook die Nuwe Testament, Psalms en Spreuke in die Nuwe Lewende Vertaling (NLV).

Vandag vervaardig MegaVoice ‘n steeds groter wordende lyn van digitale sonkrag klank-spelers vir Christelike en humanitêre gebruik. MegaVoice is ontwerp om die beste te pas by die unieke vereistes van afgelee gebiede.  Die volledige lyn van beskikbare MegaVoice  bedieningsgereedskap en die unieke eienskappe van elkeen, kan op ons produkbladsye gesien word – Produkbladsy

MegaVoice is ook die tuiste van ‘n uitgebreide  klankbiblioteek met meer as 14,000 Skriftitels in meer as 4,600 tale en dialekte.  Die Skrif boodskappe wissel van ‘n paar minute tot 320 uur en kan op die groeiende lyn van digitale klank-spelers ( mp3 ) gelaai word. Die ingeboude sonpaneel laai die batterye in 6 tot 8 uur.

Ten einde vennote te kan help in die bediening,  het MegaVoice ‘n klankverwerkingspan gereed om jou eie klankproduksie te plaas op soveel MegaVoice spelers as jy nodig het.  Organisasies en individue kan ook hul eie boodskappe laai met behulp van ‘n rekenaar en deur gebruik te maak van die SLS sagteware vir beide die MegaVoice Envoy en MegaVoice Story Teller.

Die MegaVoice spelers is ideale gereedskap vir sendingorganisasies, korttermyn uitreike, en sendingreise in landelike gebiede waar daar baie blind mense en mense met ‘n lae geletterdheid is.

Baie mense verkies  ook om te luister na die Bybel in klank terwyl hulle reis of in en om die huis beweeg.

Klik om ons te kontak.

www.megavoice.com 

Ons stuur van tyd tot tyd nuusbriewe met meer inligiting en getuienisse – klik asseblief op die skakel  

‘n Getuienis uit Mosambiek:

Die eerste week van Mei kon ek saam met ’n groep van <dorp> sonkrag “praat” Bybeltjies versprei. Ons het in 5 verskillende gebiede oor ’n afstand van 500km 120 van die radio Bybeltjies versprei. Ek is baie opgewonde oor die ontwikkeling want dit laat ongeletterdes toe om nou self na die Woord te luister, enige plek, enige tyd. Dit was ’n fees om elke keer gesigte te sien ophelder wanneer hulle die radiotjies aansit en elkeen self kon hoor wat geskryf staan in sy eie taal. Elkeen moes 100Meticais betaal vir sy radio en ek is weereens verbaas oor hoe gewillig en vinnig elkeen sy geldjie gebring het. Dit is duidelik dat dit ’n werklike behoefte vervul in baie se lewens. Bid dat die nuwe kennis van die Woord die gelowiges sal sterk maak en baie na Jesus toe sal bring.

MegaVoice Bibles in Mozambique

31 thoughts on “Afrikaanse Bybels in klank van MegaVoice”

      1. Ek stel belang in die 1933/53 vertaling in Afrikaans Audio, maar moet ook voor af sê dat ek n bitter klein pension kry , en sal bereid wees om af te betaal? Indien dit moontlik is?
        By voorbaat dank
        Natalia Stevens

        1. Hallo Natalia, kontak ons gerus by 012 993 0614 in Pretoria. Ons kantoor is oop van 09h00 tot 16h00 op weeksdae. Ons kan help.

      2. Stel belang in die 1933/1953 Afrikaanse vertaling. Wat is die kostes daaraan verbonde om een te kan bekom

        1. Hallo Elize,

          Jammer dat ek nou eers antwoord. Die 1933/53 Afrikaanse vertaling op die Envoy S is R550 elk. Opsioneel is ‘n 220V laaier (R110). Die eenheid het ‘n sonpaneeltjie ingebou en opsioneel is ook oorfoontjies (R50)

    1. Ja ons doen. Ons het die 1983 (Nuwe Vertaling) en ook die 1933/53 (Ou Vertaling) beskikbaar. Kontak ons gerus vir pryse en modelle wat beskikbaar is.

  1. Goeie dag Ek is opsoek na die 83 vertaling volledige Bybel op ‘n CD of ‘n USB? Is dit beskikbaar?

  2. Hi
    Ek wil vreeslik graag 2 megaVoice spelers ( Audio Bybel) in Afrikaans ( indien moontlik 1933 vertaling, anders 1953 ) bekom. Wat met sonkrag werk.
    Hoe gaan mens te werk? En hoe kan ek betaal?
    En het Jul dit ook beskikbaar in ander tale? (dink ook om , dit as geskenk te gee vir my bediende wat nie kan lees nie ) en vir ander minder bevoorregtes .
    Kan Jul asb. Vir my help
    deur vir my meer besonderhede te email.
    Groete
    Susan

  3. Goeie dag, ek stel belang in die wildlife storyteller speelding. Hoeveel kos dkt? En kan n mens dkt vir n bejaarde persoon ook gebruik?
    Groete
    Charlize

    1. Hallo Charlize,
      Dankie vir jou navraag! Die Wildlife StoryTeller is R590 vir die diertjie met ‘n Bybelspeler (Envoy S) gelaai met ‘n volledige Bybel. Daar is ‘n keuse van ‘n beertjie, olifant, tier, skaap of leeu. Ons het ook verskeie Bybelstories beskikbaar.
      Ek dink dit sal ook goed werk vir bejaardes.
      Dit sal goed wees as ons telefonies kan gesels. My kantoor nommer is 012 993 0614.
      Seën
      Johan

  4. Ek stel belang aan audibybels hy werk ook sonkrag en ook wat kos die bybels ek is in bronkhorstspruit

  5. Is tans in die buiteland maar wil graag n toestel nekom as ek terug is…….waar is hulle beskikbaar of moet ek ny julle koop??

    1. Hallo Hennie
      Jy kan by ons koop. Ons kantoooor is by Rudolfstraat 645, Constantiapark in Pretoria. Tel 012 993 0614. Ek stuurook n epos
      Groete
      Johan

  6. Hi. Ek wil graag meer uitvind oor waar ek die nuutste weergawe van megavoice Afrikaanse bybel kan bekom en hoeveel dit kos.

    1. Hi Kobie, Jy kan by ons bestel. Ons het die 1983 vertaling en ook die 1933/53 vertaling beskikbaar. Die Bybelgenootskap het ongelukkig nog nie die nuwe “Bybel vir almal” in klank beskikbaar nie. Die prys is tans R410 vir ‘n Envoy S speler met een Bybel gelaai.

  7. Afrikaanse 1933/53 vertaling op usb. Het julle beskikbaar indien nie waar kan ek kry?

    1. Goeiedag Wilma,
      Dankie vir jou navraag via ons webwerf. Die Afrikaanse Bybel is op CD in mp3 beskikbaar. Jy kan dit dan self op ‘n USB sit. Ons hou nie die CDs aan nie maar jy kan dit by Augustine Bookroom kry – Tel 012 993 4606.

  8. Hi

    Ek wil graag die Afrikaanse Bybel in audio koop.
    Het julle dalk n winkel waar ek kan kom kyk na wat julle alles
    verkoop.

    1. Hi Edward, Ons is van 09h00 tot 16h00 op weeksdae by 645 Rudolfstraat, Constantia Park, Pretoria. Tel 012 993 0614 Ons het die produkte beskikbaar.

  9. Goeiemore Johan,
    Ek wil graag so n audio bybeltjie koop vir my broer in Afrikaans. Hy is besig om blind te raak en kan nie meer Lees nie. Sal n blinde persoon so n masjientjie kan hanteer? Is dit van n goeie kwaliteit en wat kos dit asb?
    Groetnus,
    Olga

    1. Hallo Olga,
      Ons het verskeie gelukkige gesiggestremde kliente!
      Kan jy die kantoor bel?
      012 993 0614
      Groete
      Johan

  10. Ek stel belang in die megavoice masjien met die hele bybel, 1983 vertaling vir my blinde skoonsuster. Sal sy met die megavoice masjien regkom. Die Braillebybel wat sy tans gebruik het baie boeke en is onprakties. Sal sy opsoek werk in verskillende boeke kan doen en as sy luister, sal sy weet by dieselfde plek uitkom waar sy gestop het. Wat sal die prys wees saam met afleweringskoste en kan ek dit EFT betaal.
    Baie Dankie
    Helma Maree

Leave a Reply to Johan Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

We provide Solar Powered Audio Bibles to reach the unreached