Tag Archives: RadioPulpit

“Padkaart na die Ewigheid” – Radio-onderhoud met Johan van MegaVoice – “So Stuur Ek Julle” – Radiokansel

Bybel is ons padkaart na die Ewigheid.   Ps 119:9 moedig die jongeling aan om sy pad suiwer te hou deur die Word van God.  Soos ‘n GPS ons help om by ‘n bestemming te kom so help die Word van God ons.

Die weeklikse radio program “So Stuur Ek Julle” op Radiokansel gee terugvoer en inligting rondom sending en evangelisasie. Die Here Jesus het vir sy dissipels die opdrag gegee om te gaan en dissipels te maak. Matt 28:19 – 20

19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

MurrayLouw - SAAWE - Radiokansel
Murray Louw aanbieder van “So Stuur Ek Julle”

Murray Louw inspireer en lig die luisteraars weekliks in oor die uitbreiding van die Koningkryk wereldwyd. Hy voer gereeld kort onderhoude met sendelinge.

MurrayLouw – SAAWE – Radiokansel
Murray Louw aanbieder van “So Stuur Ek Julle”
Dit was my voorreg om onlangs meer oor MegaVoice te vertel. Hier is ‘n kort uittreksel van die program met ‘n getuienis van ‘n man wat tot bekeering gekom het en as leek begin het om te evangeliseer. ‘n MegaVoice Bybel het hom gehelp om dit op ‘n meer Bybelse manier te kan doen.

Om na die boodskap te luister klik hier of klik regs en stoor om later te luister (3.8MB en ongeveer16 minute)

Deel een van die onderhoud (2016-10-02)

luister-na-onderhoud

Deel twee van die onderhoud (2016-10-09)

luister-na-onderhoud

Die program skedule is tans (2 Oktober 2016) Sondag 12h30 en herhalings op Dinsdae om 01h30 en Saterdae 16h00. Die program duur ongeveer 30 minute. Luister op die Internet of MW 657kHz.

luisternou

–==–