Afrikaanse klank Bybels
MegaVoice Southern Africa is a subsidiary of MegaVoice Ltd
Meer as 25 jaar gelede het die stigters van MegaVoice die pioniers in die ontwikkeling van die eerste sonkrag-aangedrewe, digitale klank Bybel geword. Hulle visie was om die beraamde 4 biljoen mense wat nie in staat is om God se lewegewende Woord vir hulself te lees nie, te bereik.
Na jare van gebed en volharding, het die MegaVoice klank Bybel ‘n werklikheid geword. Die audio Bybels is ‘n seen vir baie! Nie-lesers op elke kontinent het nou toegang tot die Skrif in hulle eie taal, in ‘n vorm wat hulle kan geredelik verstaan.
In Afrikaans het ons tans die volledige Bybel in die 1933 / 1953 en ook die 1983 vertaling beskikbaar, asook die Nuwe Testament, Psalms en Spreuke in die Nuwe Lewende Vertaling (NLV).
Vandag vervaardig MegaVoice ‘n steeds groter wordende lyn van digitale sonkrag klank-spelers vir Christelike en humanitêre gebruik. MegaVoice is ontwerp om die beste te pas by die unieke vereistes van afgelee gebiede. Die volledige lyn van beskikbare MegaVoice bedieningsgereedskap en die unieke eienskappe van elkeen, kan op ons produkbladsye gesien word – Produkbladsy
MegaVoice is ook die tuiste van ‘n uitgebreide klankbiblioteek met meer as 14,000 Skriftitels in meer as 4,600 tale en dialekte. Die Skrif boodskappe wissel van ‘n paar minute tot 320 uur en kan op die groeiende lyn van digitale klank-spelers ( mp3 ) gelaai word. Die ingeboude sonpaneel laai die batterye in 6 tot 8 uur.
Ten einde vennote te kan help in die bediening, het MegaVoice ‘n klankverwerkingspan gereed om jou eie klankproduksie te plaas op soveel MegaVoice spelers as jy nodig het. Organisasies en individue kan ook hul eie boodskappe laai met behulp van ‘n rekenaar en deur gebruik te maak van die SLS sagteware vir beide die MegaVoice Envoy en MegaVoice Story Teller.
Die MegaVoice spelers is ideale gereedskap vir sendingorganisasies, korttermyn uitreike, en sendingreise in landelike gebiede waar daar baie blind mense en mense met ‘n lae geletterdheid is.
Baie mense verkies ook om te luister na die Bybel in klank terwyl hulle reis of in en om die huis beweeg.

Ek dra/ry dit saam met my. Tye wanneer ek nie duidelik kan sien om te lees nie, is hierdie instrument ‘n geseënde uitkoms. Dis heerlik lig en die klank is duidelik!!
‘n OPlossing vir ons “nie-lesende” deel van ons land!!
Seën op u werk!